
Verduideliking van die besluit oor
top kruising of opgradering van
Nguni beeste na SP status
Dr. Michiel Scholtz van die LNR is
versoek om die aangeleentheid
aangaande die opgradering van Nguni
beeste te ondersoek en om tydens die
November 2005 Raadsvergadering en
Algemene Jaarvergadering terug te
raporteer.
Hy het oor twee baie eenderse
tegnieke naamlik top kruising en
opgradering terug geraporteer. Top
Kruising word gedoen wanneer ’n
teler terug gaan na die
oorspronklike genetiese bron van die
ras ten einde nuwe genetiese
materiaal te bekom. In die geval van
die Nguni impliseer dit om terug te
gaan na die oorspronlike bewaarders
van die Nguni om sodoende nuwe
genetiese materiaal te bekom (bos
koeie en bulle).
Opgradering is wanneer een
ras verander (opgegradeer) word na
’n ander ras deur middel van
aanhoudende kruising. Dit is dwars
oor die wêreld algemeen gebruik waar
lewendehawe opgegradeer is met
behulp van ’n aantal kruisings met
geregistreede vaars (SP) van ’n
spesifieke ras. Dit word algemeen
aanvaar dat suiwer status bereik
word na vier generasies se kruisings
met geregistreerde (SP) vaars.
’n Opgraderingsprogram sal as volg
werk:
Ongespesifiseerde Oorspronklike
Vroulike Dier x Geregistreerde Vaar
(SP)
▼
(50% Suiwer) Vroulike Dier x
Geregistreerde Vaar (SP)
(F1)
▼
(75% Suiwer) Vroulike Dier x
Geregistreerde Vaar
(SP)
(F2)
▼
(87.5% Suiwer) Vroulike Dier x
Geregistreerde Vaar (SP) (F3)
(93.75% Suiwer) Vroulike Dier (SP)
’n Derde senario is dié van ’n
geslote kuddeboek waar slegs SP
xSP parings SP nageslag tot gevolg
kan hê. ’n voorbeeld hiervan is die
Swart Angus wat 15 miljoen diere in
die kuddeboek het. Ten spyte van die
geslote stelsel beskik die ras
steeds oor die grootste beesregister
in die wêreld.
Hierdie laaste stelsel is nie ’n
opsie vir die Nguni nie. Tans
gebruik die Nguni ’n stelsel wat ’n
mengsel is van top kruising en
opgradering. As gevolg van hierdie
unieke situasie behoort die Nguni
ook ’n unieke benadering wat op
wetenskaplik gefundeerde beginsels
gebaseer is te hê.
In die geval van die Nguni beskik
die oorspronklike genetiese bron nie
oor ’n kudde register nie.
Rassuiwerheid kan dus nie gewaarborg
word nie. Nieteenstaande beskik
hierdie bron groot getalle diere wat
unieke Nguni eienskappe vertoon.
Hierdie dilemma vereis dat daar ’n
proses moet wees waardeur diere
vanaf hierdie bron of enige ander
bron en fenotipies Nguni lyk,
opgegradeer kan word. Tydens die
Algemene Jaar Vergadering is
erkenning gegee aan die waarde van
hierdie genetiese materiaal, maar as
gevolg van die moontlike infusie van
“vreemde” genetiese materiaal wat
nie visueel sigbaar is nie, is die
volgende proses goedgekeur:
Eerste
Registrasie (FR)
x
FR, A, B or SP
►
Aanh
A
(fenotipies Nguni)
Aanh A
x
A, B or SP
►
Aanh
B
Aanh B
x
B or SP
►
SP
Eerste
Registrasie verwys na fenotipiese
Nguni’s wat vir die eerste keer in
die Nguni register opgeneem word. ’n
Voorbeeld hiervan is ’n boer wat
kommersiëel met Nguni’s boer en ’n
stoetteler wil word. Dit verwys nie
na diere wat afgegradeer of
heringestel (vir wie die oorspronlike
bywette nog steeds geld) is nie.
Hierdie stelsel maak spesifiek
voorsiening vir opkomende swart
boere wat Nguni stoettelers wil
word. Hulle word ook aangemoedig om
die Saad Voorraad Bedryf te betree.
Die voordele van die stelsel is:
1.
Meer geleentheid om onbekende
genetika met Nguni genetike te
vervang deur die toevoeging van ’n
additionele generasie
2.
Een generasie waarbinne ongewenste
genitika kan segregeer sodat dit
geïdentifiseer en geëllimineer kan
word. ’n Eenvoudige
voorbeeld word hieronder gegee:
Voorbeeld:
Die genetiese samestelling van
Eerste Registrasie diere wat
fenotipies Nguni lyk, is NP. N
verteenwoordig Nguni gene en P
ongewenste gene.
i)
Eerste Registrasie: NP genetiese
samastelling
ii)
Paar NP x NP
NN : NP
:
PP
►
Aanh A
(25%)
(50%)
(25%)
Skot alle PP diere uit oor die
ongewenste gene
iii) Intermate NN and NP
NN :
NP :
PP
►
App B
(44%)
(37.5%)
(12.5%)
Skot alle PP diere uit oor die
ongewenste gene
iv) Intermate NN and NP
NN
: NP
:
PP
►
SP
(56.25%)
(37.5%)
(6.25%)
Nota:
Opgradering is nie tans nie
lewensvatbaar nie aangesien dit
impliseer dat slegs SP bulle gebruik
kan word in ’n F1 tot F4 stelsel.
Beperkings
op die verkoop van eerste registrasie diere
Dit is
belangrik dat Eerste Registrasie
(FR) diere nie net soos suiwer
Nguni’s lyk nie, maar ook teel en
presteer soos suiwer Nguni’s en aan
die minimum rasstandaarde voldoen.
Tydens die November 2005
vergaderings is ’n moratorium van
vier jaar op die oordrag van Eerste
Registrasie diere geplaas. Hierdie
beperking verseker nie noodwendig
dat die diere soos Nguni’s presteer
nie. Die beperkings op die oordrag
van Eerste Registrasie diere is dus
tydens ’n Raadsvergadering op 30 en
31 May 2006 herformuleer. FR diere
moet nou aan die volgende standaarde
voldoen alvorens hulle oorgedra kan
word:
Vroulike Diere
1.
Die koei moet ten minste een
kalfinterval hê en haar gemiddelde
kalfinterval mag nie 550 dae oorskry
nie.
2.
Ten minste een van die koei se
kalwers moet ’n inspeksie geslaag
het.
Bulle
Bulle moet ten minste 20 nageslag hê
wat vir inspeksie aangebied is
waarvan 50% die inspeksie geslaag
het.
Nota:
Dit is ’n klub se prerogatief om te
besluit of Eerste Registrasie diere
onder beskerming van die Genootskap
verkoop mag word aldan nie |